Noordsee

Noordsee

Nasa-Satellietbeeld van die Noordsee

Kaart van die Noordsee
Koördinate:56°N 03°O / 56°N 3°O / 56; 3Koördinate: 56°N 03°O / 56°N 3°O / 56; 3
Ligging:België, Denemarke, Duitsland, Frankryk, Nederland, Noorweë, Verenigde Koninkryk
Soort:See van die Atlantiese Oseaan
Oppervlakte:570 000 km² (220 000 myl²)
Gemiddelde diepte:95 m (312 vt)
Maksimum diepte:700 m (2 300 vt)
Volume:54 000 km³
Lengte:960 km (600 myl)
Breedte:580 km (360 myl)
Invloei:Elbe, Oossee, Ryn, Teems, Weser
Ligging van die Noordsee
Kaart van die Noordsee met eksklusiewe ekonomiese sones
'n "Ligtonnel" oor die Noordsee

Die Noordsee is 'n epikontinentale see in die noordweste van Europa. Dit is gevorm deur die styging van die seespieël aan die einde van die ystydperk vanaf 10 000 v.C. Die diepste gebied, by die Noorse kus, is ongeveer 700 meter diep, terwyl die gemiddelde diepte 95 meter beloop.

Die see is deel van die Atlantiese Oseaan en grens aan Groot-Brittanje, die Faroëreilande, Noorweë, Denemarke, Duitsland, Nederland, België en Frankryk. Sowat 80 miljoen mense woon in 'n radius van 150 kilometer rondom die kuslyn, en die Noorsee speel al eeue lank 'n belangrike rol as handelsroete vir die internasionale skeepvaart en Europa se toegang tot sy oorsese markte. Die suidelike Noordsee met die Engelse Kanaal is die besigste skeepsroete ter wêreld.

Die grootste deel van Europa se olie- en gasreserwes is in die Noordsee en word sedert die 1970's ontgin. Hierdie is die grootste ontginningsarea in die wêreld wat nie deel van OPUL is nie. Die meeste van die reserwes lê onder water wat aan die Verenigde Koninkryk en Noorweë behoort, met kleiner reserwes in die waters van Denemarke, Nederland en Duitsland.

Die Noordsee beslaan slegs 0,2 persent van die oseane se totale oppervlakte, maar is nogtans een van die visrykste seë.[1] Kommersiële vissery en oorbenutting het die plaaslike visbronne in die afgelope dekades drasties verminder, en die onophoudelike vloei van Noord-Europa se rioolwater, wat regstreeks in die Noordsee gepomp word of deur die aangrensende Oossee hierheen vloei, skep steeds 'n groot omgewingsprobleem.

  1. DreiStromLand. Ems - Weser - Elbe. Boekdeel 1. Hamburg: edition nordwest im Europa Verlag 2005, bl. 14

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search